top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Moontlike ‘kombuis-dwelmlaboratorium’ is in Bfn ontbloot

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 11
  • 1 min read

Die Mangaung Metro Misdaadbestrydingseenheid het toegeslaan op ’n moontlike “kombuis-dwelmlaboratorium” wat vanuit ’n huis in Bochabela in Bloemfontein bedryf word.


Volgens 'n polisieverklaring het die span op 1 515 Mandrax-tablette, ongeveer 300 g Methaqualone-poeier, amper 4 kg kristalmethamfetamien, en ongeveer 200 g van die sogenaamde CAT-dwelm beslag gelê. Die span het ook 12 houers van 25 liter etanol, wat gebruik word om onwettige alkohol te vervaardig, gekonfiskeer. ’n Plastieksak met verskillende buitelandse geldeenhede daarin is ook gevind.


'n Man is vir die besit van en handel in dwelms, asook vir die vervaardiging en verspreiding van onwettige alkohol, in hegtenis geneem.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page