'n Moordslagoffer is langs 'n Bfn voetgangerroete gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 4 hours ago
- 1 min read
Die liggaam van 'n onbekende man is deur 'n voetganger in Grasslands in Bloemfontein ontdek.
Volgens 'n polisieverklaring het beamptes op die toneel aangekom nadat 'n klagte van moord ontvang is. Die oorledene is op sy rug op die grond aangetref, met verskeie steekwonde aan sy nek en die linkerkant van sy bors.
Die slagoffer is gevind langs 'n besige voetgangerroete wat gereeld deur inwoners gebruik word om na Meadowsweg te stap waar hulle taxi's neem.
Geen inhegtenisnemings is tot dusver gemaak nie, en die motief vir die aanval word steeds ondersoek.








Comments