‘n Motorongeluk eis die lewe van ‘n Bloem-onderwyser
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 6
- 1 min read
Grey Kollege in Bloemfontein het met leedwese die hartseer nuus van meneer Tewie Wessels se afsterwe op sosiale media gedeel.
Luidens die plasing is Wessels Maandag in ‘n motorongeluk oorlede - sy vrou Natasja, sterk tans in die hospitaal aan.
Wessels het ‘n lang pad saam met die Kollege gestap, beide as oud-Grey en 15 jaar as onderwyser.
Hy was ook die kriekethoof, betrokke by rugby en het die personeel op die beheerliggaam verteenwoordig.
Grey Kollege sê Wessels was geliefd en sy teenwoordigheid gaan deur almal wat hom geken het gemis word.







Comments