top of page

‘n Motorongeluk naby Bloemfontein eis die lewe van ‘n gr. 10-leerder

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 22, 2025
  • 1 min read

Die gemeenskap en leerders van Hoër Landbouskool Oakdale, in die Wes-Kaap is in rou na een van hul gr. 10-leerders, Ruben Bezuidenhout, in ’n motorongeluk op ‘n plaasgrondpad buite Bloemfontein oorlede is. Landbou.com verneem die 16-jarige het ‘n op plaas op Tierpoort, sowat 35km buite Bloemfontein gekuier. Volgens polisiewoordvoerder, kaptein Lorraine Earle, het Ruben se vriend die bakkie bestuur. Hy het glo beheer verloor oor die voertuig waarna dit verskeie kere gerol het. Mediese nooddienste is na die toneel ontbied waar Ruben op die toneel dood verklaar is. Die bestuurder van die voertuig is na die hospitaal geneem vir mediese sorg. 'n Saak van strafbare manslag word ondersoek. Skoolhoof, Willem du Buisson, het aan die Suid-Kaap Forum gesê Ruben was ’n baie betrokke leerder, een van die skool se top-20-akademiese presteerders, en het aktief aan sport deelgeneem het het ook ’n besondere passie vir rugby gehad. Hy voeg by Ruben se lewenslus, toewyding en deelname aan die skoollewe gaan gemis word.

 
 
 

Comments


bottom of page