top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Nasionale stilstand teen hoë petrolpryse word voorgestel

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Oct 15
1 min read

'n Groep genaamd Concerned Citizens of South Africa doen ’n beroep op ’n nasionale stilstand regoor Suid-Afrika om die regering te dwing om die algemene brandstofheffing te verlaag en petrolpryse te laat daal.


Suid-Afrika se brandstofpryse het die afgelope maande skerp gestyg, met petrol wat in Oktober R30,25 per liter bereik het. Die hoë pryse plaas huishoudings onder druk en het gelei tot oproepe dat die regering ingryp deur sekere heffings tydelik op te skort.


Business Tech berig 'n plakkaat met die groep se naam het onlangs op sosiale media die rondte gedoen. Daarin word ’n totale nasionale stilstand op 19 Oktober voorgestel. Die plakkaat vra dat werkers daardie dag wegbly van die werk en leerders nie skool toe gaan nie.


’n Verteenwoordiger van die organisasie, Ntokozo Mkhize, bevestig hulle aanvaar verantwoordelikheid vir die plakkaat.


Die plakkaat met die voorgestelde nasionale stilstand. FOTO: Business Tech
Die plakkaat met die voorgestelde nasionale stilstand. FOTO: Business Tech

 
 
 

Comments


bottom of page