‘n Nieu-Seelandse raadslid woon ‘n vergadering vanuit haar badkamer by
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 days ago
- 1 min read
’n Politikus in Nieu-Seeland het die koppe laat draai toe sy vanuit ’n badkamer by ’n belangrike virtuele raadsvergadering aangesluit het.
Netwerk24 berig toe Jo Galer by die Dunedin-stadsraadsvergadering aanmeld, het 'n kollega begin giggel. Sophie Barker het aan Galer gesê sy moet dalk haar kamera skuif, aangesien haar wasgoed sigbaar was.
Hierop het Galer gesê dis geen probleem nie, solank hulle haar kan sien.
Tydens haar spreekbeurt is 'n geheimsinnige donker figuur ook agter ’n deur in die agtergrond gesien.
Galer is deur AFP om kommentaar genader.
Tydens 'n 2020-raadsvergadering is nog 'n politikus van Dunedin so onverhoeds betrap. Hy het tydens 'n Zoom-oproep verskyn waar hy besig was om sy kantoor af te stof in ’n baadjie en kaal bene.








Comments