top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Nood onderbreking in watertoevoer is vir dele van Bloemfontein geskeduleer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 7, 2025
  • 1 min read

Weens verhoogde reënval en riviervloeitoestande in die Welbedachtdam-opvanggebied, asook die opeenhoping van afval is die bedryfskapasiteit van dié behandelingsaanleg in gedrang, is 'n 24-uur nood onderbreking in watertoevoer geskeduleer. Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit se hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, is die onderbreking genoodsaak om kritieke spoeloperasies, die skoonmaak van skerms en die herstel van bergingskapasiteit moontlik te maak. Gebiede soos Pellisier, Rocklands en die Hamilton-nywerheidsgebied kan geraak word.

 
 
 

Comments


bottom of page