'n Noodlottige opleidingsvlug word ondersoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 12 minutes ago
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaartowerheid het 'n ondersoek begin na die noodlottige ligte vliegtuigongeluk naby Fochville waarin twee mense oorlede is.
Netwerk24 berig die vliegtuig het tydens 'n private opleidingsvlug die naweek neergestort.
Volgens die Burgerlugvaartowerheid is 'n span ondersoekers reeds na die toneel gestuur om die omstandighede van die ongeluk en moontlike bydraende faktore vas te stel.
Die ondersoek word gedoen om veiligheidslesse te identifiseer en nie om skuld of aanspreeklikheid te bepaal nie.
'n Voorlopige verslag sal na verwagting binne 30 dae gepubliseer word.








Comments