top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Noordwes-LUR is aanspreeklik vir 'n baba se gestremdhede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 6 days ago
  • 1 min read

Die LUR vir gesondheid in Noordwes is aanspreeklik vir die feit dat ’n baba serebraal en verstandelik gestremd gelaat is omdat die staatshospitaal waar hy gebore is, nalatig was.


Netwerk24 berig die baba, wat slegs as baba LM geïdentifiseer is, se ma was 19 toe hy in 2013 gebore is. Die hooggeregshof in Mmabatho het onlangs bevind die seuntjie, wat in die Klerksdorp-hospitaal gebore is, is serebraal en verstandelik gestremd gelaat weens personeel van die Klerksdorp-hospitaal se nalatigheid.


Die hof het gehoor die personeel het die ma aan haar eie lot oorgelaat, en die dokter aan diens het nie dadelik na die hospitaal gekom toe die verpleegsters hom ontbied het nie. Die seun ly ook aan epilepsie en ontwikkelingsagterstande wat spraak- en gedragsafwykings insluit omdat die hospitaal se sorg gedurende die geboorteproses “substandaard” was en waarskynlik die kans op ’n breinbesering wesenlik verhoog het.


Die algemene konsensus onder die kundiges wat getuig het, was dat die breinbesering waarskynlik plaasgevind het kort voordat baba LM gebore is. Die eisers het onder meer aangevoer die geboorteproses was uitgerek, dat tekens van fetale nood geïgnoreer is, die geboorte verkeerdelik aangehelp is en daar versuim is om ’n noodkeisersnee uit te voer.


Die gesondheidsdepartement het ontken dat die geboorteproses uitgerek was of dat daar nie behoorlike monitering was nie, wat die regter verwerp het.


Ter illustrasie. FOTO: SABC News
Ter illustrasie. FOTO: SABC News

 
 
 

Comments


bottom of page