top of page

‘n Nuwe aanbouing by die Oorlogsmuseum in Bloem is byna voltooi

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 6, 2025
  • 1 min read

Die bou van ‘n lewensgrootte drieverdieping-blokuis uit die Anglo-Boereoorlog by die Oorlogsmuseum van die Boererepubliek in Bloemfontein, is byna voltooi.


Bloemnuus berig die aanbouing sal ‘n nuwe perspektief gee op die lewensomstandighede in en om dié geboue wat deur die Britse magte opgerig is.  


Netwerk24 het vroeër berig afmetings is verlede jaar geneem en tekenaar Hennie van Zyl is aangestel om die planne op te trek.


Die Tierpoort-blokhuis is in 1999, net voor die 100-jaar herdenking an die Anglo-Boereoorlog, deur wyle prof. Stef Potgieter en vriende van die museum gerestoureer, maar die konstruksie het intussen weer erg verweer.


Hennie van Zyl by die skaalmodel. FOTO: Bloemnuus
Hennie van Zyl by die skaalmodel. FOTO: Bloemnuus

Comments


bottom of page