'n Nuwe aanlyn stelsel kan staatspookwerkers bestry
- Saamgestel deur Ilde Roos

- May 28
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Staatsdiens en Administrasie verwelkom die nuwe aanlyn, intydse werknemerverifikasieportaal wat daarop gemik is om spookwerkers in die regering te stop.
Die aanlyn stelsel, wat deur die Departement van Binnelandse Sake vir die Nasionale Tesourie ontwikkel is, sal op 15 Junie in werking tree.
Die departement het verklaar dat spookwerkers en salarisbedrog die nasionale fiskus na raming R3,9 miljard in 2025 gekos het.
Die platform sal biometriese en lewenstoetse wat aan die bevolkingsregister gekoppel is, gebruik om staatswerknemers te verifieer. Die komitee sê die stelsel sal aanspreeklikheid verbeter, openbare fondse beskerm en dienslewering oor regeringsdepartemente heen versterk.








Comments