‘n Nuwe agentskap moet voorsiening by die Lesotho Hoogland Waterprojek versterk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 31
- 1 min read
In ’n poging om Suid-Afrika se watersekerheid te versterk gaan die Lesotho Hoogland Waterprojek voortaan deur ’n nuwe nasionale infrastruktuuragentskap bestuur word.
President Cyril Ramaphosa die aankondiging gemaak tydens die 2026 Suid-Afrikaanse Beleggingskonferensie in Sandton.
Hy sê fase twee van die projek bly op koers en behoort teen 2028 voltooi te wees.
Ramaphosa het ook beklemtoon dat die watersektor groot geleenthede vir belegging bied, met die regering wat reeds ’n toegewyde watervennootskapskantoor ingestel het om samewerking met die privaatsektor aan te moedig.








Comments