‘n Nuwe digitale visumstelsel keer duisende by grensposte
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 18
- 1 min read
Byna 4 500 mense is reeds gekeer om Suid-Afrika binne te kom danksy die land se nuwe digitale visumstelsel vir toeriste.
Die minister van Binnelandse Sake sê die stelsel is ingestel om onder meer bedrog in die visumproses te help voorkom.
Die digitale stelsel gebruik biometriese en masjienleertegnologie en stel reisigers in staat om met ’n slimfoon of skootrekenaar vir toeristevisums aansoek te doen.
Leon Schreiber sê die nuwe tegnologie help om nasionale veiligheid te versterk en grensbeheer te verbeter.








Comments