'n Nuwe direkteur van openbare vervolging is aangestel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 7
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het Andrew Mothibi as die nuwe Direkteur van Nasionale Openbare Vervolging aangestel.
Mothibi vervang die uitgaande Shamila Batohi in hierdie posisie. Hy sal volgende maand met sy werk begin.
Die adviespaneel oor die aanstelling het tot die gevolgtrekking gekom dat geeneen van die kandidate wat vir die posisie aansoek gedoen het, geskik was nie.
Ramaphosa het Batohi vir haar diens bedank en haar alles van die beste vir haar toekoms toegewens.







Comments