‘n Nuwe forum is aangekondig om watermafias en korrupsie bekamp
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- May 18
- 1 min read
Die minister van Water en Sanitasie het ’n nuwe nasionale forum aangekondig om korrupsie, misdaad en sabotasie in Suid-Afrika se watersektor te help bekamp.
Pemmy Majodina sê georganiseerde watermafias hou ’n groot bedreiging vir waterdienslewering in.
Die Watersektor-teenkorrupsieforum is vroeër vanjaar saam met die Spesiale Ondersoekeenheid van stapel gestuur en sal samewerking tussen die regering, wetstoepassers, die sakewêreld en burgerlike organisasies koördineer.
Majodina het ook ’n landwye program aangekondig om watertoegang in landelike gemeenskappe deur boorgate, bronbeskerming en reënwateropvang te verbeter.








Comments