'n Nuwe getuie verskyn voor die Madlanga-kommissie
- Saamgestel deur Jana Roos

- May 7
- 1 min read
ʼn Nuwe getuie verskyn Donderdag voor die Madlanga-kommissie.
Die Voormalige lid van die Valke, afgetrede luitenant-kolonel Jakobus Prinsloo, sal na verwagting voor die kommissie getuig oor die diefstal van dwelms uit die Valke se perseel in Port Shepstone in KwaZulu-Natal. Die kommissie ondersoek die verdwyning van 541 kilogram kokaïen uit die Valke se stoorkamer in November 2021.
Daar is reeds gehoor daar was sewe inbrake by die perseel voor die beweerde diefstal van kokaïen ter waarde van sowat 200-miljoen rand.
Die gebou het glo nie kringtelevisiekameras of 24-uur-sekuriteit gehad nie.








Comments