top of page

'n Nuwe hof word in die metro bekend gestel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Dec 2, 2025
  • 1 min read

‘n Nuwe hof vir seksuele misdrywe gaan in Botshabelo, in die Mangaung Metro Munisipaliteit in die Vrystaat, geloods word. Die minister van justisie, Mmamoloko Kubayi, sal die hof amptelik Donderdag open.


Dié gespesialiseerde hof sal kwesbare slagoffers van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord met opgeleide personeel en toegewyde fasiliteite ondersteun.


'n Plasing op die departement van justisie se webtuiste sê Kubayi sal later in die dag by die Vrystaatse premier, Maqueen Leshoha-Mathae, aansluit vir die "Not In My Name" provinsiale indaba vir mans, wat deur president Cyril Ramaphosa toegespreek sal word. Die indaba het dit ten doel om mans en seuns as aktiewe vennote in die stryd teen geslagsgebaseerde geweld te mobiliseer.


Mmamoloko Kubayi. FOTO: Inside Politics
Mmamoloko Kubayi. FOTO: Inside Politics

 
 
 

Comments


bottom of page