top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Nuwe Inkomstedienskommissaris is aangestel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 2
  • 1 min read

’n Nuwe kommissaris is vir die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aangestel.


Doktor Ngobani Johnstone Makhubu sal die pos vir ’n termyn van vyf jaar beklee, vanaf 1 Mei.


Die aanstelling volg op ’n eenparige aanbeveling deur ’n keuringspaneel wat deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, byeengeroep is.


Makhubu neem oor by Edward Kieswetter, wie se kontrak aan die einde van April verstryk.


Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die inkomende kommissaris is ‘n ervare uitvoerende beampte in die openbare en private sektor met meer as 17 jaar se senior leierskapservaring.


Ngobani Johnstone Makhubu. FOTO: SA News
Ngobani Johnstone Makhubu. FOTO: SA News

 
 
 

Comments


bottom of page