top of page

'n Nuwe kinderteaterproduksie takel boeliegedrag

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Feb 16
  • 1 min read

Die ATKV stel in 2026 ’n nuwe kinder-teaterprojek bekend om bewustheid oor boeliegedrag te skep.


Volgens die ATKV se webtuiste fokus die produksie, genaamd B is vir boelies, op empatie, selfvertroue en praktiese maniere om boeliegedrag in skole en gemeenskappe te hanteer. Die projek volg op die sukses van vorige kinderteaterinisiatiewe wat leesbevordering en ontwikkeling ondersteun het.


ATKV-streeksbestuurder, Melvin Tobias, sê die inisiatief vorm deel van ’n breër poging om jongmense deur taal, kuns en samewerking te bemagtig en moeilike maatskaplike kwessies kreatief aan te spreek.


FOTO: ATKV
FOTO: ATKV

 
 
 

Comments


bottom of page