top of page

‘n Nuwe kontrakteur vir die Vrystaat se ‘swakste pad’ word glo gou aangewys

  • Writer: Nadia Pieters
    Nadia Pieters
  • Oct 28
  • 1 min read

Daar is onderneem om die week met verenigings oor die stand van sake met die R708-padbouprojek tussen Clocolan en Marquard te vergader.


Netwerk24 berig volgens die bestuurslid van die Clocolan-boerevereniging, Chris Bender, is geen reëlings glo egter nog getref nie.


Die pad word as die swakste pad in die Vrystaat beskou, én die departement se brouwerk met die bou en tenderproses het die gemeenskap warm onder die kraag.


Luidens berigte het die Vrystaatse Departement van Gemeenskapsveiligheid, Paaie en Vervoer die beëindiging van die kontrak met die huidige kontrakteur, Maphutha Business Enterprises, bevestig.


Hulle voeg by dat hulle van voorneme is om die aanstelling van ‘n nuwe kontrakteur te bespoedig.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page