‘n Nuwe lening moet metropole se infrastruktuur versterk
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 days ago
- 1 min read
Suid-Afrika het 'n lening van sowat R16-miljard van die Nuwe Ontwikkelingsbank bekom vir die opgradering van infrastruktuur in die land se agt metropole.
Die lening is volgens die bank tydens 'n raadsvergadering by sy hoofkantoor in Sjanghai goedgekeur.
Die metropole, waar ongeveer 22 miljoen mense woon, sal na verwagting baat vind by verbeterings wat dienslewering en ontwikkeling moet ondersteun.
Die finansiering vorm deel van pogings om stedelike infrastruktuur te moderniseer en te versterk.








Comments