‘n Nuwe muisspesie is moontlik in die Vrystaat ontdek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Moontlike nuwe soogdierspesie wat net in die Vrystaat voorkom, word tans deur navorsers ondersoek.
Volgens die Nasionale Museum in Bloemfontein werk professor Peter Taylor van die Universiteit van die Vrystaat saam met dokter Nico Avenant aan die ontleding van ’n muisspesie wat moontlik nog onbekend is.
Die spesie is tot dusver net in die Vrystaat aangeteken, met navorsers wat tans monsters en data bestudeer.
’n Wetenskaplike artikel met ’n voorgestelde naam en besonderhede oor waar die spesie gevind is, sal binnekort vir publikasie ingedien word.








Comments