'n Nuwe politieke party sien die lig
- Ilde Roos
- Oct 6
- 1 min read
Die drie politieke partye, Good, Bosa en Rise Mzansi, het saamgespan om een politieke party te vorm om aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem.
Die leier van Good, Patricia de Lille, Bosa se leier, Mmusi Maimane en die leier van Rise Mzansi, Songezo Zibi, het Sondagmiddag tydens ʼn mediakonferensie in Johannesburg aangekondig dat die nuwe party bekend sal staan as Unite for Change, of UFC.
Die UFC sal betyds voor die verkiesing by die Suid-Afrikaanse Verkiesingskommissie registreer.
Die party sal vir eers deur ʼn leiersraad bestuur word en nie deur een spesifieke leier nie, en sy hoofdoel sal wees om munisipaliteit reg te ruk en te rehabiliteer.

Comments