‘n Nuwe raad poog om werksgeleenthede in die Vrystaat bevorder
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 15, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse Regering sê hulle is vol vertroue dat hulle beleggings sal kan lok om die ekonomie te laat herleef en werkloosheid in die provinsie te bestry. Volgens SABC News volg dit op die stigting van 'n Beleggings- en Ekonomiese Adviesraad. Die raad van 15 lede sal die Premier oor ekonomiese sake adviseer, die implementering van die Vrystaatse Groei- en Ontwikkelingsstrategie monitor en bewustheid oor ekonomiese geleenthede bevorder. Volgens die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, is hulle in gesprek met die Minister van Elektrisiteit en Energie om seker te maak dat hulle die provinsie bystaan, en die LUR vir Finansies in die Vrystaat, Ketso Makume, voeg by dat die heropening van geslote fabrieke om werkloosheid te bekamp ook op die kaarte is.







Comments