'n Nuwe sisteem by Europese lughawens veroorsaak langer rye
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 23
- 1 min read
Europa se nuwe "entry/exit"-sisteem (EES) kan lang wagtye by lughawens beteken vir inwoners wat nie deel van die Europese Unie is nie. Dit kom soos die kontinent sy nuwe biometriese sisteem vir nie-EU-inwoners bekend stel.
Die BBC berig die program is al sedert Oktober verlede jaar besig om oor die 29 lande van die Schengen-area uit te kom, en behoort teen 10 April vanjaar voltooi te wees. Die sisteem is ontwerp om rekord te hou van wie die grenslose Schengen-area binnegaan en verlaat, en vir hoe lank.
Deur biometriese data en reisdatums digitaal te versamel, wil die EU makliker reisigers kan identifiseer wie die 90-dae beperking oorskry wat nie-EU-inwoners toegelaat word binne 'n 180 dae periode.
Rosestad-nuus se Riaan Schoeman verduidelik verder die proses het tot dusver alles behalwe glad verloop.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Aangesien die sisteem vereis dat nie-EU-besoekers hul vingerafdrukke moet registreer en 'n foto neem, en hierdie registrasie in persoon by die grens gedoen moet word, veroorsaak die ekstra tyd reeds groot agterstande. Nie-EU-reisigers word aanbeveel om ten minste vier uur by hul reistyd te voeg. As jy 'n aansluitingsvlug moet bespreek, kyk vir opsies met ekstra-lang tussenstoptyd. As jy eers met EES by die grens geregistreer het, word jou biometriese data vir drie jaar gestoor voordat dit weer geneem moet word. Maar selfs al het jy deur Europa gereis en die registrasie voltooi, sal jy steeds in die ry moet staan saam met dié wat nog moet registreer.








Comments