‘n Nuwe TB-entstof kan help om diegesondheidsbedreiging binne drie jaar uit te skakel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 3
- 1 min read
Die nasionale Departement van Gesondheid berei voor vir ’n moontlike nuwe tuberkulose-entstof wat TB teen 2030 as ’n openbare gesondheidsbedreiging kan help uitskakel.
Die entstof is tans in fase-drie-proewe in vyf lande, insluitend Suid-Afrika. Vroeëre proewe het belowende beskerming teen aktiewe pulmonêre TB getoon, met min veiligheidskwessies.
Die entstof moet nog die proewe voltooi en deur die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte geregistreer word.








Comments