top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Nyala-ooi is weer veilig tuis op Naval Hill

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 18
  • 1 min read

'n Nyala-ooi wat blykbaar groener weivelde buite die Franklin Natuurreservaat gaan soek het, is weer veilig terug in haar tuiste op Naval Hill.


Volgens Friends of Franklin en die Mangaung-metro is die dier in Milnerweg gevang en daarna terug in die reservaat vrygelaat.


Inwoners wat naby Naval Hill woonw ord versoek om reservaathekke toe te hou en beskadigde heinings aan te meld om te help voorkom dat wild ontsnap.


Die organisasies sê ekstra waaksaamheid is gedurende die wintermaande nodig aangesien diere dikwels deur plante in tuine gelok word.


Ter illustrasie. FOTO: Friends of Franklin
Ter illustrasie. FOTO: Friends of Franklin

 
 
 

Comments


bottom of page