'n Omroeper se vermeende moordenaar is op kamera vasgevang
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 17, 2025
- 1 min read
Een van die vermeende moordenaars verantwoordelik vir die radiopersoonlikheid Warrick Scott se moord is op kamera vasgevang terwyl hy van die toneel vlug.
Scott, wat meer algemeen bekend gestaan het as DJ Warras, is Dinsdag in Johannesburg doodgeskiet. Die verdagte is kort ná die voorval gesien, steeds in besit van die vuurwapen wat glo in die moord gebruik is.
Die adjunk-polisiekommissaris van Gauteng, generaal-majoor Fred Kekana, het aan die media gesê dat ‘n klopjag aan die gang is om meer verdagtes in hegtenis te neem.
LUISTER:
Fred Kekana







Comments