top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Omstrede oud-stadsbestuurder is in die VS aangestel

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Apr 10
  • 1 min read

Die Vrystaatse regering het die omstrede voormalige stadsbestuurder van die Tshwane-metro, Moeketsi Mosola, as uitvoerende hoof van die Maluti-a-Phofung- spesiale ekonomiese sone aangestel.


Mosola is in 2019 ná ’n goue handdruk onder ’n wolk by die Tshwane-metro weg nadat hy by ’n tenderskandaal betrek is. 'n Woordvoerder van die Vrystaatse provinsiale regering, Matshediso Setai, sê Mosola is deur ’n hof van die bewerings kwytgeskeld, maar Netwerk24 kon geen beriggewing vind om dit te staaf nie.


Destyds is wel berig ’n skeidingsooreenkoms is tussen die metro en Mosola aangegaan nadat daar geruime tyd ’n storm om sy kop gewoed het oor die toeken van ’n omstrede kontrak van R12 miljard aan die raadgewende ingenieursgroep GladAfrica. Die metro het hom sy volle salaris uitbetaal vir die twee en ’n half jaar van sy kontrak wat nog oor was.


Die DA-raadslid en -burgemeesterskandidaat vir Tshwane, Cilliers Brink, sê hy is van mening dat Mosola nie by enige openbare instelling aangestel behoort te word nie.


Moeketsi Mosola. FOTO: Inside Metros
Moeketsi Mosola. FOTO: Inside Metros

 
 
 

Comments


bottom of page