‘n Onbekende man se liggaam is in Heidedal gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 24, 2025
- 1 min read
'n Geregtelike doodsondersoek is geopen na ‘n man se liggaam by die sanitasie-aanleg in Heidedal, Bloemfontein, gevind is. Polisiewoordvoerder, sersant Sinah Mpakane, sê in ‘n mediaverklaring die Heidedal-polisie het gereageer op 'n klagte oor 'n liggaam wat in die waterarea van die aanleg gesien is. Met hul aankoms het hulle die man se liggaam wat in 'n swart top en broek geklee was gevind. Mediese nooddienste het hom op die toneel dood verklaar. Die identiteit en ouderdom van die oorledene is tans onbekend, en die polisie doen 'n beroep op enigiemand wat inligting het wat kan help om die man te identifiseer, of enige leidrade rakende die omstandighede rondom sy dood kan verskaf, om die polisie te kontak.






Comments