top of page

'n Onbekende oorledene is naby Harrismith gevind

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 4 hours ago
  • 1 min read

Die liggaam van ‘n onbekende persoon is op die N3 naby Harrismith in die Vrystaat gevind. Die oorledene is onherkenbaar aangesien daar vermoed word dat die slagoffer verskeie kere getref is.


Polisiewoordvoerder, sersant Mmako Mophiring, sê in 'n verklaring ‘n saak van strafbare manslag word ondersoek.


Enige persoon of familie wat moontlik 'n naasbestaande verloor het, kan die Harrismith-speurdiens kontak.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page