'n Onbekende vrou se liggaam is in Bfn gevind

Die liggaam van ’n onbekende vrou is in ’n oop veld langs 'n stroom in Ipopeng in Bloemfontein ontdek.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli het lede van die Kagisanong-polisiestasie Dinsdag gereageer op 'n klagte wat ontvang is.
Voorlopige ondersoeke dui aan dat daar geen sigbare beserings is nie. Die vrou het ’n wit T-hemp met blou blompatrone en swart stewels aangehad. ’n Nadoodse ondersoek sal uitgevoer word om die presiese oorsaak van haar dood vas te stel.
Die identiteit van die oorledene is nog onbekend, en die polisie doen ’n beroep op enige lid van die gemeenskap wat moontlik ’n vermiste familielid het wat by hierdie beskrywing pas, of enigeen wat oor inligting beskik rakende wat moontlik gebeur het, om na vore te kom.









Comments