top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

’n Ondersoek is begin na die verkeerde dieselprys wat aangekondig is

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 6
  • 1 min read

’n Ondersoek is begin na die “onaanvaarbare” fout met die aanvanklike berekening van die jongste dieselprys wat Maandag aangekondig is.


LP’s het vandag die departement van minerale en petroleumbronne en sy entiteite met vrae gepeper oor hoe die fout ingesluip het te midde van die reeds rekordhoë brandstofpryse.


Netwerk24 berig ’n voorlegging is aan die parlementêre portefeuljekomitee oor minerale en petroleumbronne gelewer. Die komitee se voorsitter, Mikateko Golden Mahlaule, het, nog voordat dit die Sentrale Energiefonds (SEF) se beurt was, gevra hoe die fout ontstaan het.


Die finansiële hoof van die departement van minerale en petroleumbronne, Yvonne Chetty, het erken dat ’n fout begaan is.


Die MKP-LP, Lehlohonolo Daniel Selepe, wou weet waarom dit so moeilik is vir die departement en die entiteite om dadelik met die publiek te praat wat die verrigtinge van die komitee regstreeks volg.


Rosestad-nuus het vroeër berig van verwarring wat ontstaan het toe die SEF in ’n verklaring aangekondig het dat die dieselprys met R5,27 sal styg en nie met R6,19 soos aanvanklik deur die departement aangekondig is nie. Dit is dus 92c minder as wat die prys sou wees.


Ter illustrasie. FOTO: eNCA
Ter illustrasie. FOTO: eNCA

 
 
 

Comments


bottom of page