top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ondersoek is gelas na staatsbeheerde residensiële eiendomme

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 21
  • 1 min read

Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ‘n ondersoek gelas na meer as 6 200 staatsbeheerde residensiële eiendomme wat deur regeringsamptenare beset word.


Hy het die departement gevra om te bepaal of die eiendomme steeds benodig word en om ‘n strategie te ontwikkel om dié wat nie meer benodig word nie, te verkoop.


Die hersiening sal ook ondersoek of amptenare vir die akkommodasie kwalifiseer, of markverwante huur gehef word en of wetlike vereistes nagekom is.


‘n Verslag moet binne 30 dae ingedien word.


Dean MacPherson. FOTO: Facebook
Dean MacPherson. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page