‘n Ondersoek na sanitêre produkte word versoek
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 24
- 1 min read
Die Nasionale Verbruikerskommissie word versoek om ’n ondersoek na sanitêre produkte in Suid-Afrika te loods ná kommerwekkende bevindings uit ’n nuwe studie.
Navorsing deur die Universiteit van die Vrystaat het bevind dat 23 vroulike sanitêre produkte skadelike chemikalieë bevat.
Die studie dui daarop dat sogenaamde endokriene ontwrigtende stowwe in bekende en wyd gebruikte produkte teenwoordig is.
Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie kan hierdie stowwe reproduktiewe probleme, ontwikkelingsversteurings en ’n verhoogde risiko vir sekere kankers veroorsaak.
Die DA se Angel Khanyile sê die bevindinge verteenwoordig ’n ernstige openbare gesondheidskwessie wat dringende aandag verg.
LUISTER HIER:
Angel Khanyile








Comments