'n Ondersoek volg na ‘n voertuig teen ‘n vliegtuig bots
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Apr 7
- 1 min read
’n Voertuig het by die Kaapstad Internasionale Lughawe teen die vlerk van ’n passasiersvliegtuig gebots.
Volgens Maroela Media het die voertuig, wat trappe vervoer het, teen ’n Boeing 737-800 van FlySafair vasgery.
Die Airports Company South Africa sê reaksiespanne het vinnig op die toneel gereageer en die gebied beveilig volgens standaard veiligheidsprosedures.
Daar is geen beserings aangemeld nie en lughawebedrywighede is nie ontwrig nie.
Berigte dui wel op ’n geringe brandstoflekkasie. Die voorval word ondersoek.








Comments