'n Ontbinde liggaam is in die VS gevind
- Saamgestel deur Ilde Roos
- 3 hours ago
- 1 min read
'n Plaaswerker van Tweelingskop-plaas buite Bethlehem het die ontbinde liggaam van 'n onbekende man ontdek. Hy het sy werkgewer onmiddellik daarvan in kennis gestel.
Volgens 'n polisieverklaring was die slagoffer geklee in 'n lemmetjiegroen T-hemp, grys broek en pienk sokkerskoene.
Die Bohlokong-polisie het 'n geregtelike doodsondersoek geopen, en 'n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die dood te bepaal.




