top of page

'n Ontsnapte groot kat doen die leeuloop in Noordwes

  • Writer: Ilde Roos
    Ilde Roos
  • Oct 21
  • 1 min read

'n Leeu wat van die Vrystaat af na Noordwes vervoer is, het ontsnap.


Maroela Media berig 'n ondersoek is begin nadat video's op sosiale media versprei wat wys hoe die leeumannetjie op die R49 tussen Lichtenburg en Zeerust uit die dak van ’n sleepwa spring en dan in die pad stap.


Volgens die provinsiale departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme is die leeu weer gevang.


Voorlopige ondersoeke dui daarop dat daar moontlik ’n oortreding van die voorwaardes van die vervoerpermit kon gewees het.


Volgens die departement sal die ondersoek bepaal of die eienaar aan alle relevante wetgewing voldoen het, onder meer wetgewing oor permitvoorwaardes.


Dit vereis dat die houer openbare-aanspreeklikheidsversekering moet hê en aanspreeklik sal wees vir enige skade wat deur ontsnapte diere veroorsaak word.


Stappe sal teen die permithouer gedoen word indien bevind word dat die permitvoorwaardes oortree is.


FOTO: Maroela Media
FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page