'n Ontvoerde man is binne ure in die Vrystaat opgespoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Ure nadat 'n man glo deur gewapende mans by sy huis in Steyn ontvoer is, is hy in Welkom opgespoor én is ses verdagtes in hegtenis geneem.
Volgens polisiewoordvoerder sersant Palesa Thabana het die vermeende ontvoerders glo 'n losprys van die man se familie geëis.
Lede van die Provinsiale Moord- en Roofeenheid, die Welkom K9-eenheid en die Parkweg Taktiese Reaksiespan het die slagoffer in 'n motorhuis by 'n huis in Flamingo Park gevind.
Sy hande was agter sy rug vasgebind en hy het kop- en ander beserings opgedoen. Twee handwapens, ammunisie en drie voertuie is op beslag gelê.








Comments