'n Ontvoerde sakeman is in 'n gekaapte motor in die Vrystaat gevind
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Inligting oor 'n motor wat in Gqeberha gekaap is, het tot die opsporing van 'n sakeman in Rouxville in die Vrystaat gelei.
'n Polisiewoordvoerder, kaptein Ursula Roelofse, sê ná die kaping in Gqeberha het die polisie vasgestel dat die motor gebruik is om 'n sakeman in Maletswai (oftewel Aliwal-Noord) te ontvoer.
Netwerk24 berig verskeie leidrade is opgevolg, waarna die motor in Rouxville in die Vrystaat gesien is.
Ná 'n jaagtog het die motor in 'n township gestop, en vier insittendes het gevlug. Een man is vasgetrek, en die polisieondersoek duur voort.
Die ontvoerde sakeman is ongedeerd in die motor gevind.






Comments