top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ontvoerde sakeman is in 'n gekaapte motor in die Vrystaat gevind

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 28, 2025
1 min read

Inligting oor 'n motor wat in Gqeberha gekaap is, het tot die opsporing van 'n sakeman in Rouxville in die Vrystaat gelei.

'n Polisiewoordvoerder, kaptein Ursula Roelofse, sê ná die kaping in Gqeberha het die polisie vasgestel dat die motor gebruik is om 'n sakeman in Maletswai (oftewel Aliwal-Noord) te ontvoer.

Netwerk24 berig verskeie leidrade is opgevolg, waarna die motor in Rouxville in die Vrystaat gesien is.

Ná 'n jaagtog het die motor in 'n township gestop, en vier insittendes het gevlug. Een man is vasgetrek, en die polisieondersoek duur voort.

Die ontvoerde sakeman is ongedeerd in die motor gevind.

 
 
 

Comments


bottom of page