top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Ooreenkoms is onderteken om die hernubare energie meesterplan te bespoedig

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 30, 2025
1 min read

Die Departement van Elektrisiteit en Energie het ‘n ooreenkoms met die Suid-Afrikaanse Hernubare Energie Meesterplan onderteken om die verwesenliking van hierdie plan te bespoedig.


Die ooreenkoms is Maandag tydens ‘n geleentheid in Johannesburg onderteken. Die plan hoop om ‘n waardeketting vir hernubare energie en berging te ontwikkel.


Dit is met die doel om ‘n getransformeerde bedryf en inklusiewe industrialisering te bevorder.


Die adjunkminister van die Departement van Elektrisiteit en Energie, Samantha Graham Mare, sê die ondertekening van die ooreenkoms is betekenisvol.


LUISTER HIER:



Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page