‘n Openbare verhoor om alle huwelike te erken word in die Metro gehou
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 23
- 1 min read
Die Portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake sal Vrydag ‘n openbare verhoor oor die Huwelikswetsontwerp van 2023, by die by die Simon Sefuthi-saal in die Mangaung Metro Munisipaliteit hou. Volgens 'n mediaverklaring van die Suid-Afrikaanse parlement poog die Huwelikswetsontwerp om die huwelikswette van verskillende tipes huwelike te regverdig. Die wetsontwerp sal drie bestaande huwelikswette wat burgerlike huwelike, gebruiklike huwelike en burgerlike verbintenisse beheer, vervang. Die wetsontwerp poog verder om alle huwelike, ongeag godsdiens, seksuele oriëntasie en ander oortuigings, te erken. Alle huwelike, wat volgens die beginsels van enige tradisie, godsdiens of oortuiging gesluit word, sal dus erken word. Die wetsontwerp poog ook om huwelike met kinders te verbied.





Comments