‘n Ou kanon dreun weer buite Bloem
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 hours ago
- 1 min read
’n Replika van ’n historiese kanon het weer oor die vlaktes buite Bloemfontein gedreun tydens ’n opleidingsessie en erfenisbyeenkoms.
Volgens Netwerk24 is die kanon gebaseer op die oorspronklike Whitworth-bergkanonne wat deur die Vrystaat in die Basotho-oorloë gebruik is.
Die replika is oor vyf jaar gebou en sal vir erfenisprojekte en lewende geskiedenisuitstallings gebruik word.
Die Oranje Vrijstaat Artillerie Corps het die kanon tydens die naweek op die plaas Onze Rust gebruik, waar die eenheid opleiding gedoen het.
Die groep boots die oorspronklike korps na wat tydens die Anglo-Boereoorlog geveg het.
Die kanon sal nou by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein uitgestal word.








Comments