‘n Oud-Bloemfonteiner is nou brandweerhoof
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 22
- 1 min read
Met meer as 30 jaar ondervinding is Oud-Bloemfonteiner, Vanessa Rossouw, nou hoof van die Ngwathe Brandweer- en Reddingsdiens.
Parys Gazette berig sy het in Bloemfontein grootgeword en was een van die eerste vroue wat by die stad se brandweerdiens aangestel is.
Hoewel die Ngwathe-brandweerdiens in Parys groot uitdagings in die gesig staar, sê Rossouw saam met haar personeel en regterhand Maggie Mokwane, sien sy kans vir enige uitdaging.
Mokwane is verlede jaar as stasie-offisier aangestel.
Beide vroue glo dat kennis geloofwaardigheid bring in die diens wat jy lewer, en voeg by hulle harte is in die brandweerdiens.







Comments