top of page

'n Oud-Bloemfonteiner lei nou 'n Nieu-Seelandse universiteit

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 12, 2025
  • 1 min read

ʼn Voormalige akademikus aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in Bloemfontein, Pierre Venter, is as die nuwe visekanselier van die Massey Universiteit in Nieu-Seeland aangewys.


Volgens Maroela Media is die instelling wêreldwyd bekend vir sy sterk fokus op landbou, wetenskap en innovasie.


Venter was vir jare die direkteur van navorsing en ontwikkeling by die suiwelreus Fonterra. Hier het hy ʼn groot strategiese portefeulje gelei en sy span het verskeie internasionale toekennings vir produkinnovasie gewen.


Die visekansellier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat, Hester Klopper, sê die UV is uiters trots dat 'n oudstudent nou ’n sleutelfiguur in Nieu-Seeland se hoëronderwyssektor is.


Sy voeg by Venter dra die steun en beste wense van die hele Kovsie-gemeenskap met hom saam.


Pierre Venter. FOTO: Maroela Media
Pierre Venter. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page