‘n Oud-Bloemfonteinse onderwyseres se vermeende moordenaar is aangekeer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
‘n Verdagte in die moord van ‘n oud-Bloemfonteinse onderwyseres, Karen van Aardt, is in hegtenis geneem.
Maroela Media berig wetstoepassers het op die verdagte in Langa toegeslaan.
Hy is ondervra en later van moord en roof aangekla.
Volgens ‘n polisiewoordvoerder word moontlik nog inhegtenisnemings verwag soos die ondersoek vorder.
Van Aardt, wat vroeër ‘n onderwyseres by die Universitas Primere Skool was, het langs die N2 op die hoek van Jakkalsvlei- en Jakes Gerwelrylaan in Langa in die verkeer gesit toe die ruit van die huurmotor waarin hulle gereis het, uitgeslaan is.
Van Aardt is verskeie keer deur ‘n vermeende rower in die bors gesteek.






Comments