top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Oud-Bloemfonteinse vroedvrou is skuldig bevind

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Apr 9
  • 1 min read

Die oud-Bloemfonteinse vroedvrou, Yolande Maritz-Fouchee, is op al 14 aanklagte teen haar skuldig bevind. Dit sluit verskeie ernstige aanklagte, insluitend strafbare manslag in.

 

Volgens Maroela Media is sy Woensdag in die hof skuldig bevind ná die dood van twee babas wie se geboortes sy hanteer het.


Sy is ook skuldig bevind daaraan dat haar nalatige optrede twee ander babas permanent gestrem gelaat het.


Die hof het bevind dat haar optrede, asook die gebruik van ’n ongekwalifiseerde persoon tydens geboortes, tot die voorvalle bygedra het.


Regter Papi Mosopa het haar weergawe van gebeure verwerp en bevind dat staatsgetuies se getuienis betroubaar is.


Maritz-Fouchee is vroeër deur die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging gederegistreer en mag nie meer as vroedvrou praktiseer nie.


Yolande Maritz-Fouchee. FOTO: Maroela Media
Yolande Maritz-Fouchee. FOTO: Maroela Media

 
 
 

Comments


bottom of page