top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘n Oud-Fichie wen goud en silwer vir SA

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 1 day ago
  • 1 min read

'n Voormalige leerder van Fichardtpark Primêre Skool in Bloemfontein het vir twee van haar dokumentêre films internasionale erkenning ontvang.


Volgens 'n plasing deur die skool het Marguerite Venter 'n goue toekenning vir een dokumentêr en 'n silwer toekenning vir 'n tweede dokumentêr by 'n internasionale filmfees ontvang.


Good Things Guy berig die Internasionale Toerismefilmfees Afrika word beskou as een van die vasteland se voorste platforms vir toerisme- en reisverwante storievertelling deur film.


Sedert die fees in 2019 begin is, het dit produksies van regoor die wêreld ten toon gestel wat bestemmings, ervarings en bewaringsprojekte bevorder.


Venter is deel van Ocean Campus Studios, die film- en media-eenheid van die Two Oceans Aquarium Foundation, wat dokumentêre films vervaardig om mense meer bewus te maak van die oseaan en bewaringswerk.


Fichardtpark Primêre Skool sê die prestasie getuig van haar talent, kreatiwiteit en toewyding.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page