'n Oud-joernalis van Volksblad sterf
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 25, 2025
- 1 min read
'n Akademikus en voormalige joernalis van Volksblad, Wilhelm Jordaan, is oorlede. Hy het twee maande gelede 'n beroerte gehad.
Maroela Media berig die 82-jarige Joraan het jare lank weeklikse rubrieke geskryf vir die dagblad Beeld en later vir dié koerant se susterspublikasies, Volksblad en Die Burger, voordat hy verder studeer het en ʼn professor in sielkunde geword het.
Sy seun, Willem, is die redakteur van Die Burger.
Gedurende sy loopbaan was hy die outeur of mede-outeur van nagenoeg 15 akademiese boeke en 30 sielkunde-artikels, asook die redakteur van die vakkundige tydskrifte en .






Comments