'n Oud-landdros van Bfn is uit op borgtog
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 3 days ago
- 1 min read
’n Voormalige waarnemende landdros van Bloemfontein, Lerata Shadrack Mashee, is op borgtog van R5 000 vrygelaat.
Netwerk24 berig Mashee staan tereg op tientalle aanklagte van onder meer bedrog, geldwassery en die gebrek aan magtiging om regsdienste te lewer. Hy is oor die naweek in Botshabelo in hegtenis geneem nadat hy glo sedert September verlede jaar ’n voortvlugtige was.
Luidens die klagstaat het Mashee tussen 2019 en 2022 in samewerking met eiendomsagente as fiktiewe verkopers opgetree en huise wat nie te koop was nie aan onwetende kopers verkoop. Met dié fiktiewe kooptransaksies het hy glo sowat R890 000 van sy niksvermoedende kliënte ontvang.
Die staat sê hoewel hy ten tyde van die beweerde misdrywe ’n advokaat was, was hy nie ’n praktiserende transportbesorger of in die besit van ’n geldige getrouheidsfondssertifikaat nie.







Comments